Synergy Cup Tennis 2024 uitslae van Laerskool Kathu leerders
ADVERTISEMENT
Die top 8 tennisspelers van die Noord-Kaap het die afgelope naweek hulle provinsie verteenwoordig en meegeding teen ander provinsies (Oos-Kaap, Boland, WP). Hierdie toernooi het in die Wes-Kaap plaasgevind. Laerskool Kathu is bevoorreg om 3 seuns in die skool te hê wat daar deelgeneem het nl:
- Terblanche du Plessis o. 13
- Kihan de Bruin o. 11
- Joshua Wolstenholme o. 12
Ons is baie trots op hulle groot prestasie en dat hulle op so ’n hoë vlak kan meeding. Julle maak ons trots.
![]()










