Swemuitslae vir Laerskool Randhart
ADVERTISEMENT
Laerskool Randhart swemmers het uitstekend gevaar en ’n 13de plek uit 44 skole in die B-liga behaal. Dis ‘n prestasie waarop ons ongelooflik trots is! Soos visse in die water het hulle met selfvertroue geswem. Elke lengte van die swembad was ’n bewys van hul harde werk, dissipline en liefde vir die sport. Baie geluk aan elke swemmer. Julle laat die Rantie-gees behoorlik golwe maak!















