Skitter buitesport prestasie deur Langenhoven Gimnasium Gr 8 leerder
ADVERTISEMENT
Langenhoven Gimnasium leerder Werner Oosthuizen, graad 8, het uitstekende prestasies behaal vir sy deelname aan die stockcars Mini’s-klas. Sy prestasies is as volg:
- George Motorklub: 1ste plek in die Mini’s-klas
- George-kampioenskappe:1ste plek in Mini’s-klas
- SWD-kampioenskappe: 1ste plek
Hy ontvang dan ook SWD-kleure in die ovaalbaanwedrenne. Welgedaan, Werner.













