Sishen Primêre Skool leerder gekies vir JTG o.12-netbalspan en dring deur na Robyne-proewe
ADVERTISEMENT
Sishen Primêre Skool is uiters trots op een van ons talentvolle netbalspelers, Gift Meyer, wat onlangs aan die Gamagara o.12-netbalproewe deelgeneem het. Sy het uitstekende spel getoon en is met reg gekies om die John Taolo Gaetsewe (JTG) o.12-netbalspan te verteenwoordig. Gift se prestasie eindig nie daar nie – sy is verder gekies om aan die Robyne-proewe deel te neem, wat op 28 April 2025 plaasvind. Hierdie proewe bied haar die geleentheid om haar talent op ‘n nog groter verhoog ten toon te stel. Ons wens vir Gift alle sterkte toe met die volgende rondte en glo sy sal Sishen Primêr met trots verteenwoordig. Baie geluk, Gift! Jou harde werk, toewyding en passie vir netbal is ‘n inspirasie vir ons almal.










