Redenaars prestasie vir Laerskool Hendrik Louw
ADVERTISEMENT
Ons redenaars leerders het op 11 en 12 April aan die ATKV-redenaars kompetisie deelgeneem by Laerskool Jan Van Riebeeck en het verskriklik goed gedoen. Emma Erasmus het deurgedring na die sem-finale rondte, wat op 14 Mei by Hoërskool Belville plaasgevind het. Micke Claassen, die graad 7-wenner by Laerskool Hendrik Louw se interne redenaarskompetisie, het aan ook aan drie ander kompetisies deelgeneem en het baie goed gevaar. Sy het aan die Radikale Redenaars en Oppie Tong deelgeneem waar sy vir beide ‘n A+ behaal het. Sy het ook aan Podium Pret deelgeneem waar sy deurgedring het na die volgende rondte.













