Primêre Skool Naudeville gee eer aan ruiters
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Primêre Skool Naudeville leerders wat verkies is tot die SANESA Vrystaatspan wat aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deel neem 24-28 September by Kyalami Equestrian Park.
Ons wens elke ruiter baie sterkte en sukses toe met die kampioenskappe. Mag julle die geleentheid geniet, julle beste gee en met selfvertroue die arena betree. Onthou dat julle reeds groot hoogtes bereik het deur tot die Vrystaatspan verkies te word!
Core League A-Span
- Hanno van Jaarsveld
- Ava Adendorff
- Beaule Jordaan

Rising stars:
Miah Erasmus kwalifiseer ook om individueel aan die Rising Stars Challenge deel te neem.Baie geluk!












