Paul Roos Gimnasium hou Interhuis Atletiekbyeenkoms na 2-jaar
ADVERTISEMENT
Paul Roos Gimnasium het na ‘n afwesigheid van twee jaar weer ‘n Interhuis Atletiekbyeenkoms gehou by Markötter Sportgronde, Vrydag 21 Januarie 2022.
Met die cheerleaders wat die seuns heeldag vermaak het en top kwaliteit atletiek lyk Paul Roos reg vir die komende atletiek seisoen!
Murray het beide die Geesbeker sowel as die Atletiekbeker verower en Huiskaptein Sian Maart en sy troepe het met groot glimlagte die trofees vanaf Rektor André van Staden ontvang.
Rektor en Murray Cheerleaders
Zak Hickman (U15) was die Junior Victor Ludorum na aanleiding van sy 902 punte vir hamergooi, 767 punte vir gewigstoot en 582 punte vir spiesgooi.
Zak Hickman (middel)
Joshua Acker (U17) was gekroon was die Senior Victor Ludorum te danke aan sy merkwaardige 934 punte met gewigstoot en 783 punte vir diskusgooi. Joshua was in 2021 tweede op die wêreld ranglys vir seuns U16 met ‘n allemintige 19.88m vir gewigstoot en lyk gereed om die jaar as ‘n U17 aan te hou medaljes en rekords inryg!
Joshua Acker (middel)
Die volgende byeenkoms op die kalender is die Top Seuns byeenkoms op Vrydag 28 Januarie 2022 by HJS Paarl se Brugstraat-velde.










