[Onderhoude]-HTS Drostdy Hokkieseuns Eerstespankaptein- Albert Nel
ADVERTISEMENT
Ons gesels met die hokkie eerstespankaptein van HTS Drostdy– Albert Nel. Lees die spesiale uitgawe vir die Interskole tussen HTS Drostdy vs Outeniqua hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.

Albert Nel
Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen was baie suksesvol. Ons span het groot upsets gemaak en ‘n paar groot skole gewen. Daardie wedstryde het ons karakter getoets en was baie uitdagend. Ons span het deursettingsvermoë gewys en dit het ons as span sterker as ‘n groep saamgebring. Ons span het ‘n great ingesteldheid en het hard gewerk deur die jaar om die fantastiese uitslae te kry.
Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Vanjaar se span is baie meer toegewyd en elke speler in die span bring hulle kant om dieselfde doelwit te bereik. Ons het heeltemal ‘n nuwe formaat gekry waarmee ons speel wat perfek werk vir die span. Ons speel hierdie jaar baie meer as ‘n span saam en elke man probeer nie vir homself te speel nie. Ondersteuners kan baie opgewonde wees vir die jaar se interskole, want ons gaan baie goeie kompetisie wees vir mekaar.
Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?Ek voel dis ‘n groot eer om die skool se wapen op my bors te dra. Ek sien elke wedstryd as ‘n geleentheid om die sport wat ek van kleins af baie geniet, te speel asof dit my laaste wedstryd gaan wees. Ek stres partykeer voor groot wedstryde en dan help die ondersteuning van my span my om rustig te raak en ons bid ook voor elke game , wat kalmte in die span bring.
Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span bestaan uit ‘n groep goeie en sterk individuele spelers wat geleer het om goed saam te speel. Elke speler gee sy beste vir die span en gebruik sy skills om die span te verbeter. Ons is ‘n baie aanvallende span wat vir niemand terugstaan nie. Ons het ‘n baie goeie atmosfeer in die span.
Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons het ‘n standaard gestel om altyd betyds op te daag vir oefening en altyd ons beste te gee op die veld en van die veld af. Ons missie vir die jaar is om vir die Kwaggas te wen en ons het die standaard van ons span so gestel dat ons niks anders kan verwag as om te wen nie.
Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?
Outeniqua is definitief die belangrikste game vir ons. Die game gaan ‘n bewys wees vir alles wat ons ingesit het deur die jaar. Outeniqua was nog altyd vir ons ‘n moeilike wedstryd gewees en ek glo ons het dit in ons om vir hulle te klop hierdie jaar.
Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?
Daar is ‘n graad 9 laaite in ons span wat nogal insane is. Sy naam gaan julle nog baie hoor in die toekoms. Hy het homself werklik bewys in die eerste span hierdie jaar. Daar is nie ‘n persoon wat verby hom kan dribble nie en hy staan ook nie vir enige verdediger terug om hulle te klop nie. Sy naam is Steaan de Lange
Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?
Dit leer spelers om saam as ‘n span te werk en op ‘n ander vlak te kommunikeer. Dit leer ook integriteit om te oefen al is daar niemand wat kyk nie.Dit help ook vir jou om deursettingsvermoë te ontwikkel. Respek is ook een van die waardes wat hokkie jou leer soos om jou teenstanders en jou skeidsregters op ‘n goeie manier te hanteer.
As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As kaptein wil ek ’n ondersteunende en positiewe leier wees wat my span motiveer om altyd hul beste te gee. Ek wil deur my eie werksetiek en houding ’n voorbeeld stel en wys dat ons as ’n span saam sterk staan, veral wanneer dinge moeilik raak.
Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek wil hê mense moet sê dat ons span ‘n groot fighting spirit het en elke wedstryd veg tot die einde toe. Ons staan nooit terug vir enige span nie, maak nie saak hoe groot of hoe klein die skool se naam is nie












