[Onderhoude]-HTS Drostdy Netbal Eerstespankaptein- Danielle Kruger
ADVERTISEMENT
Ons gesels met die netbal eerstespankaptein van HTS Drostdy– Danielle Kruger. Lees die spesiale uitgawe vir die Interskole tussen HTS Drostdy vs Outeniqua hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.

Danielle Kruger
Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen was uitdagend, maar waardevol vir ons span. Six Gun, Bredasdorp & Affies Toernooi, om te noem. Dit het ons geleer om hard te werk, mekaar te ondersteun & te aanhou “fight” tot die eindfluitjie en net eenvoudig nooit op te gee nie.
Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Vanjaar se span maak nie net op talent staat nie, maar op vertroue, harde werk & eenheid as n groep. Ons speel vir mekaar & geniet dit saam op die baan. Ondersteuners kan uitsien na n span met hope gees en energie (en sommer baie) ons het passie, trots en vasberadenheid ongeag die telling of situasie.
Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Dit is vir my n groot voorreg om die baan te betree, ek dink aan die harde werk wat ons as span ingesit het & dat dit n voorreg is om my skool te verteenwoordig. Dit beteken vir my ongelooflik baie om met my Drostdy netbal klere te kan uitdraf. Dit was my droom om eerste span te speel en ook kaptein te wees.
Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span is energiek & doelgerig. Ons probeer positief bly & gee nie op nie. Die grootste kenmerk van ons span, is die vertroue & ondersteuning vir mekaar en die vriendskappe wat ons het en natuurlik die gees
Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons doel is om elke dag te verbeter & ons potensiaal na te jaag. Ons wil bekend staan as n span wat respek, harde werk & goeie sportmangees uitleef, ongeag die die uitslae.
Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Die wedstryd waarna ek die meeste uitsien is teen Worcester Gimnasium & natuurlik die Interskole teen Kwaggas. Dit is 2 baie spesiale geleentheide op ons skool se kalender, ons speel vir trots.
Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Ek dink een van ons matriek spelers Lene, sy het ons baie verbaas. Ek kan nie eintlik niemand uitsonder, want ons span het almal saam gegroei en saam verbeter en elk van ons het hope talent & durf.
Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur? Die sport leer ons dissipline, verantwoordelikheid, leierskap, span werk & deursettingsvermoe.
As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As Kaptein wil ek die seisoen n leier wees wat deur voorbeeld lei. Wil wys wat dit beteken om hard te werk, positief te bly, span se belange eerste te stel & respek teenoor almal te toon. Ek hoop om iemand te wees waarop my span kan staatmaak, beide op & af van die baan.
Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense se dat ons as n eenheid gespeel het, nooit opgegee het nie & altyd met trots & integriteit gespeel het. Meer as enigiets anders wil ek he hulle moet onthou dat ons alles vir mekaar gegee het ek wil ook hê hulle moet n span sien wat mekaar lief het en op die hande dra met hope gees en geluk.












