[Onderhoude]-Hoërskool Outeniqua Rugby Eerstespankaptein-Gerrit Janse van Rensburg
ADVERTISEMENT
Ons gesels met die netbal eerstespankaptein van Hoërskool Outeniqua– Gerrit Janse van Rensburg. Lees die spesiale uitgawe vir die Interskole tussen HTS Drostdy vs Outeniqua hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.

Gerrit jv Rensburg
Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?Ons voorseisoen het reeds verlede jaar goed begin. Al die manne het groot opofferings gemaak om by oefeninge uit te kom en het selfs van hul vakansietyd opgeoffer om saam met die span aan toernooie deel te neem. Dit wys net hoeveel liefde hulle vir die span en die spel het.
Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?Ons is ’n baie jong span, en van die begin van die jaar af was daar glad nie iets soos senior en junior spelers nie. Ons het geoefen, gespeel en mekaar soos ’n span en ’n familie hanteer.
Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?In my kop sê ek net vir myself: Ek het so hard gewerk toe mense dit nie gesien het nie, en nou is dit my tyd om daardie harde werk op die veld uit te leef.
Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?Ek sal sê ons ingesteldheid is “next job”. Dit is iets wat ons tydens elke oefening en wedstryd vir mekaar sê. As ons ’n fout maak, of selfs ’n drie druk, fokus ons net op die volgende taak, want die drie of die fout is reeds in die verlede en ons kan niks meer daaraan verander nie.
Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?Ons wil groei in die mense wat ons is en ’n voorbeeld wees vir die jonger spelers wat na ons opkyk en in ons glo.
Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?Boys’ High. Dit was ons eerste groot wedstryd van die jaar en die wedstryd waarin mense kon sien waartoe Outeniqua in staat is.
Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?Franco Pienaar. Mense sien hom nie altyd raak nie en hy speel nie “flashy” rugby nie, maar ná elke wedstryd wys die statistieke hoe briljant hy was. Hy werk ongelooflik hard, sy duikslae is uitstekend en hy dra die bal baie. Hy kry nie altyd die erkenning wat hy daarvoor verdien nie.
Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur?Rugby bring mense bymekaar. By elke wedstryd kom mense saam om ons te ondersteun, en dit bou eenheid in ons skool en ons land.
As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wil die leier wees wat sy persoonlike waardes reg uitleef. Ek wil hê my span moet my respekteer vir die mens wat ek is. Ek probeer altyd my beste gee, en ek hoop en glo dat hulle dit sal raaksien en daardeur gemotiveer sal word om nóg harder te werk.
Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sien ons as ’n nederige span met die regte waardes. Ek wil hê hulle moet kan sien dat ons rugby speel omdat ons dit geniet en nie vir die roem nie.












