Laerskool Rustenburg Boogskiet presteer by Buffelspoort Karnival
ADVERTISEMENT
Laerskool Rustenburg boogskiet het Saterdag, 2 Maart aan die Buffelspoort Karnaval boogskietkompetisie by ATKV Buffelspoort-oord deelgeneem. Ons Larrieskuts het hul mooi van hul taak gekwyt en pragtig presteer in die primêre afdeling. Die eerste span het met die eerste plek weggestap in die primêre afdeling met ʼn telling van 3087 uit 3600 en is aangewys as Buffelspoort Karnaval primêre kampioene vir 2024. Ons Larries boogskietspan het ‘n uitstekende vertoning gelewer, ons is baie trots op hulle prestasie en deelname gedurende die kompetisie.
Larries se seunsskuts het 3 en dogterskuts het 3 uit die beste 10 plekke ingeneem. Skuts wat baie goed presteer het, was Anìeka Kemp (eerste plek onder die primêre dogterskuts met ‘n telling van 278 uit 300). Ons is sommer baie trots op AL die lede van ons boogskietspanne wat ons naam so hoog hou!

1 ste Ry: Niel Schmidt, Wiehan Beukes, Jayden de Jager, Marko van Zyl, Hanro Strydom, Dean Venter, Estefan van Niekerk. Afwesig: Nathan Crous
2 de Ry: Isabella Roos, Charne Breedt, Leane De La Roche, mnr. Callie Jansen van Rensburg, Anieka Kemp, mev. Cecilia Strydom.









