‘n Goeie dag vir Ligbron Akademie vir Tegnologie seunshokkiespanne
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se seunshokkiespanne het verlede Woensdag hul tweede wedstryde in die Gert Sibandeliga teen Hoërskool Volksrust gespeel.
Dit was weereens ‘n baie goeie dag vir die Liggies. Hul twee seniorspanne, wat tuis gespeel het, het gemaklik met hul opponente afgereken. Die O.14 seuns het in Volksrust gespeel, en hul wedstryd het gelykop geeindig.
Die afrigters skryf hul spanne se sukses aan goeie spanwerk toe. Alles in ag genome was dit ‘n aangename dag wat gekenmerk is deur die goeie gees tussen die spanne en die toeskouers.












