Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste rugbyspan toer na Wes-Kaap
ADVERTISEMENT
‘n Groot eer het Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste rugbyspan te beurt geval toe hulle genooi is om die afgelope naweek aan die Kwagga 101 Jaar Sportdag, wat deur Hoërskool Outeniqua in George aangebied is, deel te neem.
Groot rugby skole soos Worcester Gimnasium, Wynberg Boys High, Langenhoven Gimnasium en Hoërskool Brackenfell het aan die dag deelgeneem. Ligbron en Hoërskool Noordheuwel was die enigste twee skole uit die noorde wat na die sportdag genooi is. Ligbron het in ‘n harde wedstryd kragte gemeet teen Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal.










