Muurbal prestasies vir Hoërskool Langenhoven by Growthpoint Eden Toernooi
ADVERTISEMENT
Vier muurbalspelers van Hoërskool Langenhoven het op 10 April aan die Growthpoint Eden Muurbaltoernooi in Mosselbaai deelgeneem en sterk vertonings gelewer. Die uitslae was soos volg:
- Hanja Gildenhuys – o.15 Dogters: 3de plek
- Emma Gildenhuys – o.17 Dogters: 3de plek
- Geovani Pietersen – o.15 Seuns: 6de plek
- Codey Abrahams (Hy self is o.15) maar neem deel aan – o.17 Seuns: 2de plek

Twee van die muurbalspelers Hanja en Codey het ook op 18 April aan die SA top 16 Toernooi in Johannesburg deelgeneem en uitstekend gevaar. Die uitslae was soos volg:
- Hanja Gildenhuys – o.15 Dogters: 15de plek
- Codey Abrahams (Hy self is o.15) maar neem deel aan – o.17 Seuns: 12de plek
Die skool is trots op hierdie spelers se toewyding en sportmangees waarmee hulle Hoërskool Langenhoven verteenwoordig het.









