Mnr en Mej Hoërskool Die Wilgers 2025
ADVERTISEMENT
Wat ‘n genotvolle geleentheid! Deeglike beplanning en voorbereiding asook matelose moeite van Hoërskool Die Wilgers het die finaliste op die verhoog en loopplank laat skitter… Sorina Erasmus, alias “Die FLOOZE”, het as seremoniemeesteres met haar goue gom-persoonlikheid ‘n wonderlike wisselwerking tussen haar, die finaliste en die gehoor geskep – ‘n afgeronde en genoeglike geleentheid was hierdie aand beslis.
Die volgende titels is toegeken:
- Mnr. Wilgie – Járen van der Westhuizen
- Mej. Wilgie – Deané White
- Eerste Prins – Hubrie Bruyn
- Eerste Prinses – Danné van Roon
- Tweede Prins – Adriaan Rall
- Tweede Prinses – Elri Botha
- Mnr. Fotogenies – Járen van der Westhuizen
- Mej. Fotogenies – Megan van Breda
- Mnr. Persoonlikheid – Adriaan Rall
- Mej. Persoonlikheid – Danné van Roon
- Kollektant – Almerei Jacobs
Hartlik geluk! Hierdie titel is nie toevallig aan jou toegeken nie; mag jy nie net self hierdeur verryk word nie, maar dit ook gebruik om jou medemens te verryk. “The fragrance of a fl ower spreads only in the direction of the wind. But the goodness of a person spreads in all directions.” ‘n Hartlike en opregte woord van dank en waardering aan die ruim skenkings van die volgende borge: Cecilia Groothoff, COREEN@SILVER, Heidi Pistorius, Jimnettes, J-Studio, Pierneefteater en XPERT Styles. ‘n Hartlike en opregte woord van dank en waardering aan die volgende beoordelaars vir jul tyd en ervaring: Rolein du Plessis, Cecil Knoetze, Sunelle Kuhn, Shakinah Mulder en Mias Wilkins. ‘n Hartlike en opregte woord van dank aan die volgende Graad 10-Voogonderwysers vir jul bydra: Mnre. Boshoff, Muller en Potgieter asook Mev. Venter. Gun my die voorreg om twee onderwyseresse, in besonder, vir hul ontbaatsugtige bydra tot hierdie suksesvolle geleentheid te bedank: Mevv. Combrink en Jordaan (Graad 10-Graadvoog). Jul het hierdie projek knap beplan, bestuur en afgerond. ‘n Finale woord van dank en waardering aan elke
ouer, leerling en onderwyser wat die geleentheid ondersteun het deur jul bywoning.






































