Paul Roos se Filmfees FILMIT se aansoeke is nou oop
ADVERTISEMENT
Paul Roos se Filmfees, FILMIT, se aansoeke is nou oop. Die Filmit Festival is ‘n filmkompetisie vir hoërskoolleerders van Suider-Afrika (SA en buurlande). Aspirant filmmakers kan kortfilms, dokumentêre, musiekvideos, animasie films, ander films (kunsfilms en “performance poetry”) en advertensies inskryf. Industrie-spesialiste is uitgenooi om hul kennis en ervaring met belangstellende hoërskoolleerders te deel. Op 28-30 April kon hoërskoolleerders die Filmit Fees se Shop Talk Sessions teen geen koste by die Suidoosterfees te Kunstekaap bywoon.

Adri Britz en Elle Oosthuizen _ IdeaCandy

Charlton George & Nicole Fortuin
Oor dié drie dae kon jongmense drie sessies per dag bywoon en die geleentheid ontgin om eerstehands by kundiges te leer. Nico Scheepers (draaiboekskrywer) en Eduan Kitching (kinematograaf) het oor stories gepraat, Adri Britz en Elle Oosthuizen (IdeaCandy) het leerders touwys gemaak oor hoe om ‘n “pitch” in te dien vir finansiering. Richard Truter het ‘n inspirerende praatjie oor die TV en digitale advertensiewêreld gedeel. ‘n Verdere hoogtepunt was Elle Oosthuizen en Richard Gregory Finn se praatjie oor die maak van dokumentêre. Richard het veral uitgebrei oor die maak van Steinheist – ‘n baie gewilde dokumentêr oor die Steinhoff-sage. Nuwe filmmaker Sandulela Asanda het saam met haar vervaardiger, Cait Pansegrouw, kom insae deel oor die wonder van die kortfilm en hoe sy befondsing vir haar eerste speelfilm gekry het.

Craig Parker _ Motif Studios and Mr Jan-Hendrik Opperman _PRG

Eduan Kitching en Nico Scheepers
Nina Swart het ‘n informale gesprek oor die film- en TV-industrie gevoer waar sy jongmense se vrae beantwoord het, en informasie gedeel het oor minder-bekende beroepe in die bedryf. Akteurs Nicole Fortuin en Charlton George het ‘n insiggewende gesprek gevoer oor die akteur se ervaring op stel, die akteur se verantwoordelikheid op stel, metodes om geestelik gesond te bly in ‘n industrie wat fisies en emosioneel veeleisend is. Hulle het verskeie wenke gegee vir toneelspel voor die kamera en hoe om jou liggaam en stem te gebruik om karakter te bou. Craig Parker van Motif Studios in Kaapstad het ‘n opwindende aanbieding oor spesiale effekte en animasie gedoen. Leerders met ‘n belangstelling in dié lyn van werk kon na dese uitsien na wonderlike vooruitsigte binne die Suid-Afrikaanse en internasionale landskap.

Elle Oosthuizen en Richard Finn Gregory _ Steinheist documentary maker

Jan-Hendrik Opperman_PRG_ en Richard Truter_Bang-on Films
Pierre Greeff (van Die Heuwels Fantasties-faam) het saam met Damiane van Reenen (kinematograaf en redigeerder) gesels oor film vir musiek (musiek videos) en musiek vir film. Al dié sessies word deur die loop van Meimaand op die Filmit Festival se YouTube-kanaal gelaai, waar jongmense van dwarsoor Suid-Afrika toegang tot die gesprekke kan geniet. Teen middernag op die 22ste Mei moet alle aansoeke ingedien word. Die aansoeke is in die vorm van ‘n “pitch” waar hoërskool-leerders hul film konsepte duidelik uiteen moet sit. Duidelike riglyne en kompetisie reëls word op www.paulroos.co.za/filmit uiteengesit. Navrae kan aan media@paulroos.co.za gerig word.

Sandulela Asanda and Cait Pansegrouw

New Orleans Secondary School Leerders _Paarl









