Hoërskool Die Wilgers ruiters presteer by die SANESSA
ADVERTISEMENT
𝗪𝗶𝗹𝗴𝗶𝗲-𝗣𝗲𝗿𝗱𝗲𝗿𝘂𝗶𝘁𝗲𝗿𝘀 𝗽𝗿𝗲𝘀𝘁𝗲𝗲𝗿 𝗯𝘆 𝗦𝗔𝗡𝗘𝗦𝗔. Lienke du Preez en Wichard Bosch (graad 8 ) van Hoërskool Die Wilgers het die afgelope naweek Gauteng verteenwoordig tydens die SANESA Uithouritte. Wichard het in die Vlak 1A-afdeling deelgeneem. Alhoewel hy ná 60 km moes uittree om sy perd se welstand eerste te stel, het sy span steeds ’n tweede plek in die trapleer-afdeling behaal. Lienke het vir die Gauteng A-span gery en behaal uitstekende prestasies. Sy is aangewys as die 4de SANESA-ruiter in die land en 3de in die Victrix Lodorum vir die jaar. Haar span het ook ’n tweede plek ingeneem.












