Merensky Landbou Akademie eerste tennisspan sluit onoorwonne liga af
ADVERTISEMENT
Merensky Landbou Akademie se eerste tennisspan het Maandag, 15 September 2025, hul laaste ligawedstryd van die seisoen op die Merensky Tennisbane gespeel teen Hoërskool Ben Vorster – en weer eens die BLOU met trots verdedig.
Enkels:
- JP Botha wen 5–2
- Eddie Mostert wen 7–0
- Willem Mostert wen 7–0
- Zander Knoetze verloor 3–4
- Zoë Venter wen 7–0
- Meninke Myburgh wen 6–1
- Ilana Lubbe wen 7–0
- Micke Pieterse wen 4–3
Tennis 1ste Dogters vs Ben Vorster
Dubbels:
- JP & Willem verloor 3–4
- Eddie & Zander verloor 3–4
- Zoë & Meninke wen 7–0
- Ilana & Micke wen 6–1
Die eindtelling het op ’n oortuigende 9–3 in Merensky se guns afgesluit. Hiermee voltooi die Plasie-eerstes hul ligaseisoen onoorwonne! Die span se fokus skuif nou na die Noordstreek Interhoër wat op 1 Oktober 2025 plaasvind, waar die Plasies weereens hul slag op die bane gaan wys.
Tennis 1ste Seuns vs Ben Vorster










