Hoërskool Brandwag leerder skitter aan die EC Mini Series-tennistoernooi
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Mienke Minnie met haar uitstekende prestasie! Mienke het op 26 en 27 Junie aan die EC Mini Series-tennistoernooi in Cradock deelgeneem. Sy het deurgaans uitstekende tennis gespeel en ’n algehele derde plek in die o.14-ouderdomsgroep behaal.
Die Hoërskool Brandwag is ongelooflik trots op haar toewyding en harde werk en wens haar alle sterkte toe met haar toekomstige toernooie.










