Matriekuitslae 2025 vir Alpha Wiskunde Hoërskool Eldoraigne se trots
ADVERTISEMENT
Hoërskool Eldoraigne se harte klop ekstra groen van trots oor ons Alpha Wiskunde-leerders se uitstekende prestasies! Ons spog graag met Dean, Maretha en Jason, wat onder die top 10 in die land geëindig het.
’n Spesiale gelukwensing aan Dean Els met sy uitmuntende prestasie in die Alpha Wiskunde-eksamen, waar hy Nasionaal Eerste geëindig het. Hierdie uitsonderlike prestasie getuig van Dean se toewyding, harde werk en diep begrip van Wiskunde — ’n merkwaardige mylpaal waarop ons ongelooflik trots is. Baie dankie aan me. Annelize Hauman vir haar toewyding en ondersteuning aan hierdie leerders.










