Markdag en Bok-Vrydag by Laerskool Bellville-Noord
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord het Vrydag, 8 September, groen en goud gedra in hul ondersteuning van die Springbokke. Tydens die verlengde pouse het almal ook die graad 7’s se Markdag-stalletjies leeg gekoop. Daar was heerlik gesmul aan van droëwors, pizza’s, hamburgers, pannekoeke, slaptjips en “nuggets” tot allerlei lekkernye en kolwyntjies.






















