Hoërskool Swellendam se eie Kaapse Klopse
ADVERTISEMENT
Op Vrydag, 11 Oktober, het Hoërskool Swellendam huleie “Kaapse Klopse”-fees gehad by hul jaarlikse markdag. Die graad 9’s en graad 10 Besigheidstudieleerders het gesorg dat dit ‘n dag van pret en plesier was met ‘n verskeidenheid van kleure en geure.
Die leerders het geleer hoe om te begroot, te beplan en te bemark en hulle kreatiewe idees en vriendelike
diens het die dag ‘n reuse sukses gemaak.
‘n Spesiale dankie aan mej. Dreyer en die markdagkomitee wat gewoeker het om te verseker dat alles seepglad verloop het en aan elke leerder wat ‘n stalletjie bedryf het en goeie Swellie-gedrag aan mense van die gemeenskap geopenbaar het. Ons hou hierdie toekomstige entrepreneurs dop en sit in afwagting om te sien wat hulle nog gaan verrig!










