Laerskool Gansbaai Graad 7’s hou Markdag
ADVERTISEMENT
Laerskool Gansbaai Graad 7’s hou Markdag. Welgedaan aan ons Graad 7-leerders wat vandag bewys het dat hul ware Gansie Entrepreneurs is! Die markdag vorm deel van hul vak Ekonomiese Bestuurswetenskap (EBW) en te oordeel aan die omset wat party Graad 7’s gemaak het, sowel as die aankope waarmee die res van die Gansies uitgestap het, was die Markdag ‘n reuse sukses en het leerders dit baie geniet. Dankie aan die onnies wat hierdie geleentheid aan ons leerders gebied het – die res van die skool het dit ook geniet om deel te vorm van hierdie leersame en genotvolle ervaring!
![]()










