Hoërskool Swartland uitslae van Hopefield se CWL Baard-dag
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland se o. 19-rugbygroep en ons netbaldogters het gister aan Hopefield se CWL Baard-dag deelgeneem.
Rugby:
Ons “Blouspan” het 5-0 teen Bellville se B-span gewen en 10-0 teen Hopefield se B-span verloor. Die “Witspan” het 5-0 teen HTS Drostdy se A-span verloor en 40-0 teen Charleston Hill se A-span gewen. Ons is baie trots op hoe die manne gespeel het en sien baie uit na die seisoen wat voorlê. Ons seisoen skop volgende naweek af met wedstryde teen HS Bellville en daarna hou ons ‘n lekker Afskop Spitbraai vir enige belangstellendes. Kaartjies is te koop by die finansieskantoor. Baie dankie aan mnre Nel, Spies, Van Dyk en Dyason wat die spanne vergesel het.
Netbal
HSS o. 15 verloor teen Hopefield o. 16 15-5
HSS verloor teen Hopefield o. 15 21-11
HSS wen Lutzville 10-4
o. 16
HSS verloor teen Lutzville 7-15
HSS verloor teen Hopefield 8-15
o. 19
HSS wen Ceres Sekondêr 18-10
HSS verloor teen Charlie Hofmeyer 13-21
Baie geluk aan Rianè Ligthart, wat die Superster-toekenning ontvang as beste senterbaanspeler. Ons sien uit na die netbal-en rugbyseisoen wat voorlê!










