Ligbron Akademie vir Tegnologie trap die ysterperde
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie trap die ysterperde! Twee Liggies het die afgelope naweek aan die S.A XXC & XCO Cup Series in Pietermaritzburg deelgeneem en uitstekende uitslae behaal.
Sub Junior Boys Short Track
- Armand Nel :Negende
- Youth Men Short Track
- Michael Gouws:36ste
Sub Junior Boys Longer Track
- Armand Nel: 14de
- Youth Men Longer Track
- Michael Gouws: 35ste
Baie geluk – Ligbron is trots! Die Bergfietsryspan het sommer ook n toer in Limpopo kafgedraf! Die toer het plaasgevind van 17 – 21 Junie op ‘n wildsplaas tussen All Days en Vivo. Die doel van die toer was om die fietsryers voor te berei vir die TWK- Bergfiets Skoleliga wat in die derde kwartaal plaasvind. Die span bedank graag vir mnr. en juf. Purcocks en mnr. Eksteen vir hul insette en harde werk. Ligbron bedank ook vir Laerskool Ermelo vir die gebruik van hulle bus.

















