HS Volkskool se Eeuwfees Fietstoer
ADVERTISEMENT
Volkies Fietsry gaan, as deel van Hoër Volkskool se Eeufeesvieringe, vanaf 30 September tot 9 Oktober 2022, ‘n toer onderneem vanaf Potchefstroom na Kaapstad.
Tien (10) fietsryers gaan elkeen ‘n minimum van ‘n 100km af lê. Die speke gaan behoorlik sing van dag een af. Ons gaan ook nie net sweet nie. Op die roete is daar verskillende besienswaardighede en vermaak wat dit ‘n onvergeetlike ervaring gaan maak. In Wellington en omgewing gaan ons fietsryers oor 3 dae tegniese afrigting ontvang by professionele fietsryers.
Hierdie toer is ‘n eerste vir Volkies Fietsry. Ons voorsien dat ons in die toekoms ook ander toere na verskillende dele van Suid-Afrika sal wil onderneem. So hoop ons om nog meer fietsryers te betrek by Volkies Fietsry en ook geleenthede te benut om ons mooi land te verken.
Vir enige projek om ‘n sukses te wees is daar altyd fondse nodig. RocoMamas Potchefstroom se bydrae tot die toer is vir ons ‘n bron van groot dankbaarheid. RocoMamas het vir ‘n tydperk ‘n deel van hul wins aan Volkies Fietsry bewillig. Hulle het ook vir dir fietsryers die geleentheid gegee om prakties te ervaar hoe ‘n kosbesigheid bedryf word deur hul toe te laat om saam met die RocoMamas span te werk. Hulle het so baie geleer uit dit, individueel gegroei en lekker spangees gebou. Baie dankie RocoMamas.
Volkies fietsry wil die gemeenskap bedank vir hulle positiewe bydrae sover om die toer ‘n realiteit te maak. As daar nog instansies is wat ‘n bydrae wil maak om te verseker dat die toer ‘n sukses sal wees, sal dit opreg waardeer word.
Vir verder navrae kontak gerus Jaco 082 771 7541 of Liana 082 781 6185.
Gaan volg asb hul Facebookblad Volkies Fietsry om op hoogte te bly hoe hul vorder met die fietstoer.














