Ligbron Akademie vir Tegnologie krieket uitslae
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se o.15 en eerste seunsspanne het die naweek kragte gemeet teen Benoni High School in die Finsbury Super liga. Die o.15’s wen hul wedstryd gemaklik met 8 paaltjies op hul tuisveld. Benoni High wen die loot en besluit om eerste te kolf. Die Liggies het vining korte mette met Benoni High se kolwers gemaak. In die 21ste boulbeurt boul die Liggies hulle uit vir slegs 77 lopies. Juwan Coetzee is die ster bouler en neem 2 paaltjies vir sleg 2 lopies teen hom. Kort op sy hake is Jahred Harper wat nie net `n paaltjie neem nie, maar hy staan slegs 16 lopies in 6 beurte af.
o.15 Krieketspan met afrigters Divan van Jaarsveld en Jan Bosman
Die Liggie kolwers steek Benoni High se telling in die 9de boulbeurt verby met die verlies van sleg 2 paaltjies. Zander Swart wyst sy staal agter die kolf en teken 37 lopies van slegs 30 balle (nie uit nie) aan. Die eerste spanne se wedstryd is ongelukkig gekanselleer as gevolg van reën in Benoni, wat beteken die twee spanne deel die punte. Ligbron se eerste meisiesspan wat verlede jaar die Mpumalanga kampioene was in die Schools SA20-reeks speel Saterdag in Johannesburg in die tweede fase van die reeks, waar die top spanne van al die provinsies teen mekaar te staan kom. Die Liggies kom te staan teen Steyn City. Hul verloor die wedstryd, maar eindig algeheel 2de in Gauteng.
Eerste meisies span met afrigters Pieter van der Merwe en Chante van Greunen










