Hoërskool Robertson leerder vaar uitstekend in Dogterskrieket
ADVERTISEMENT
Hoërskool Robertson leerder vaar uitstekend in Dogterskrieket. Wanda-Mari Ham, een van ons skool se belowendste dogterkrieketspelers, het gedurende die afgelope vakansie aan twee verskillende kriekettoernooie deelgeneem.
- Tydens die Boland T20-kompetisie , wat vir die eerste keer vir dogters aangebied word, speel sy vir die Guardiansspan. Die ander kompetisie is die CPL (Cape Town Premier League) waar sy die Piratesspan, ‘n span vir senior vrouens, verteenwoordig.
- Sy vertoon baie goed met die kolf in beide kompetisies, en spog met tellings van onderskeidelik 72, 33 en 58.
- Sy open die kolfwerk vir beide spanne en spog ook hier met ‘n 100-lopievernootskap in verskeie wedstryde.
- Boonop het ons pas verneem dat sy ook in die Boland o.16-span opgeneem is.
Ons Robbie is baie trots op jou.












