Laerskool Worcester -Oos klubhuis opening
ADVERTISEMENT
Laerskool Worcester -Oos het so ‘n wonderlike klubhuis opening gisteraand gehad, ek is nou nog op ‘n wolkie. Die rooi lint is geknip en die klubhuiskoek is gesny – Laerskool Worcester-Oos se splinternuwe klubhuis en nasorglokaal is amptelik op 6 Maart 2025, geopen.
Ons het ‘n feestelike funksie saam met ons gewaardeerde borge gehou om die klubhuis amptelik te open. Sonder die welwillendheid van die De Jagers Trust en al ons gewaardeerde borge, sou ons drome nie waar kon word nie. Die nasorglokaal word na Johanna de Jager vernoem. Johanna was ‘n onderwyseres en sy het ‘n liefde vir kinders gehad. Die klubhuis is na oom Japie de Jager vernoem.
(Jobre Stassen het die koek gesny en Soria Basson het die lint geknip. Andries de Jager kon nie die funksie bywoon nie, want hy het ‘n rugbesering.)


















