Laerskool Tygerpoort hokkie wen die liga
ADVERTISEMENT
Laerskool Tygerpoort hokkie wen die liga. Sewe van Tygerpoort se hokkiespanne het hierdie jaar die liga gewen. Ses van Tygerpoort se o. 11- tot o. 13-hokkiespanne (seuns en dogters) het aan die Noord-Gauteng-kampioenskappe deelgeneem.. Die o. 11A- en o. 13A-dogters wen onderskeidelik BRONS by die Noord-Gauteng-kampioenskappe. Die o. 11A-seuns wen GOUD by die Noord-Gauteng-kampioenskappe.
Die o. 13A-seuns eindig die jaar tweede in hul liga. Tydens die uitspele wen die die seuns die semi-finaal. Die seuns wen GOUD by die Noord-Gauteng-kampioenskappe en dring vir die eerste keer deur om by die Champs of Champs te gaan speel in Potchefstroom. Die seuns het uitstekende hokkie gespeel waar hulle deurgedring het tot in die finaal. Die seuns verloor ongelukkig tydens die finaal. Hulle eindig tweede by die Champs of Champs. Nog nooit het Laerskool Tygerpoort so ver gekom met hokkie nie. Ons is ongelooflik trots op die seuns!
onder 11 hokkie dogters
onder 11 hokkie seuns
onder 13 hokkie meisies
onder 13 hokkie seuns
onder13 seuns Hokkie










