Hoërskool Hermanus hokkie uitslae
ADVERTISEMENT
Die o.16 A hokkiedogters het hierdie jaar weer deelgeneem aan die Spar challenge in Durbanville. Hulle het vier wedstryde gespeel, en al vier gewen!
- Hugenote 2-0
- Hoërskool Durbanville 2-1
- Worcester Gim 4-0
- Wynberg 1-0.
![]()
Spar Hokkie toernooi
Ons onder 19A hokkiedogters het weereens aan die jaarlikse Spar-toernooi in Belville deelgeneem. Dit is ‘n toernooi wat grootliks deur Spar geborg word om dogtershokkie in die Wes-Kaap te bevorder. Die dogters het by tye in gietende reën gespeel teen skole soos Wynberg, La Rochelle, Belville en Durbanville. Dit was ‘n uitstekende begin tot die seisoen, met goeie ondernemende spel deur beide die seniors en die juniors in die span.
Uitslae:
- Wen 1-0 teen Belville
- Wen 1-0 teen Durbanville
Ons Duitse uitruilstudent, Angelina Kolbe, het die prys vir die beste speler van die dag, gewen! Ons sien uit na ‘n heerlike seisoen.












