Hoërskool Aliwal-Noord Hokkie vs Hoërskool Cradock
ADVERTISEMENT
Hoërskool Aliwal-Noord Hokkie vs Hoërskool Cradock. Die afgelope naweek het Hoërskool Aliwal-Noord teen Cradock verwoesting gesaai op die hokkieveld. Die wedstryd was die eerste amptelike wedstryd van die seisoen vir Alies se 2de span. Hulle het hulself egter uitstekend van hul taak gekwyt. Alies was sommer van vroeg al op die aanval en het die Cradock meisies gereeld verras met goeie spanwerk en doelgerigte afronding. Hulle slaag daarin om die wedstryd 3-0 te wen.
ANHS se 1ste span was egter die span van die dag. Na ‘n blitsvinnige doel aangeteken deur Cradock in die eerste 3min van die wedstryd, het alle tekens daarop aangedui dat dit ‘n harde wedstryd was wat sou volg. Die Alies het dadelik vir alle toeskouers, hul skool en natuurlik hulself, gewys hoeveel karakter en veggees in hul steek. Hulle het hul koppe gelig en onmiddelik die res van die wedstryd vir Cradock ‘n uitsonderlike Alies hokkie-les geleer! Te midde van koue en reën was die res van die westryd vir die Alie-span ‘n afdraende sege. Alies het ongelooflike doele geskiet van hoë klas gehalte en wen die wedstryd 5-1. Een van die beste wedstryde nog teen ‘n baie goeie Cradock span. Wel gedaan Alie hokkie bokkies!
ANHS Eerste Hokkiespan
ANHS Tweede Hokkiespan










