Laerskool Swartkop se 1ste Netbalspan het gewys hoe ware oorwinnaars speel
ADVERTISEMENT
Laerskool Swartkop se 1ste Netbalspan het hierdie seisoen gewys hoe ware oorwinnaars speel. Hierdie dogters het veggees en
deursettingsvermoë regdeur die Netbalseisoen gewys. Elke speler het sterker en meer ervare geëindig as wat hulle begin het. Ons is ongelooflik trots op ons netbal en veral ons 1ste Netbalspan wat ons skool se naam hoog gehou het hierdie Netbalseisoen.











