Laerskool Stulting krieketuitslae
ADVERTISEMENT
Laerskool Stulting o.13 Krieket eindig die eerste deel van die seisoen met nog ‘n wen teen VCS. Stulting het die loot gewen en eerste gekolf. Estian van Staden het ‘n wonderlike 83 nie uit verower. Stulting teken 148 aangeteken en VCS uitgeboul vir 78 lopies. Ons is baie trots op ons o/13. Hul het goeie sportmanskap getoon en hul kan baie trots wees op hul harde werk.
Stulting het onlangs ‘n wonderlike wen gehad met hul krieket-wedstryd teen Laerskool Jeffreysbaai. Stulting het die loot gewen en besluit om te kolf. Stulting teken 124 lopies aan. Estian van Staden was ’n uitblinker met die kolf met 60 nie uit nie. Jeffreysbaai word uitgeboul vir 47 lopies. Adom Malgas neem 4 paaltjies en staan 6 lopies af. Ons is baie trots op ons o.13’s!
Ons o.7 en o.9 mini-krieket spanne het weereens fantastiese wedstryde teen Victory Christian School gespeel. Dit was ‘n fees! Baie dankie Victory!




















