AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Bridge House School Senior and Junior debating teams shine at the provincials

  • [Onderhoude]- Hugenote Hoërskool Seunshokkie Eerstespankaptein – Henré Kotzé

  • Honours Blazers for two outstanding achievers of Edenvale High School

  • Celebrating Excellence at Hotazel College

  • [Onderhoude]- Hugenote Hoërskool Netbal Eerstespankaptein – Zani Booysen


BolandHugenote HoërskoolRegional NewsWestern Cape
Home›Regional News›Western Cape›Boland›[Onderhoud] Hugenote Hoërskool Dogtershokkie Eerstespankaptein- Amalie du Plessis 

[Onderhoud] Hugenote Hoërskool Dogtershokkie Eerstespankaptein- Amalie du Plessis 

By Karien Frans
14th August 2025
431
0

ADVERTISEMENT


Share:

Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Hoërskool Swartland en Hugenote Hoërskool hier.Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.

AWSUM het die geleentheid gehad om met Amalie du Plessis, Dogtershokkie Eerstespankaptein van Hugenote te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..

Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Ons span beskik oor ’n merkwaardige reeks sterkpunte — van die vermoë om snaakse grappies te vertel tot om selfs meer as die hokkieseuns te kan eet! Maar die eienskappe wat vir my werklik uitstaan, is ons veerkragtigheid en eenheid. Wanneer struikelblokke opduik, is ons daar om mekaar se trane af te vee en tydelike steunpilare vir mekaar te wees. Ons help mekaar om te herstel van dit wat ons byna ondergekry het. Ons het ook die vermoë om ’n wesenlike kopskuif te maak — om wedstryduitslae positief te beïnvloed, en selfs soms ’n nederlaag in ’n oorwinning te verander. Ons weet hoe sterk ons gedagtes is — en ons gebruik dit ten volle tot ons voordeel! 

Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei? Toe ek 8 jaar oud was, het ek n hokkie agrigter gehad wat met tye baie hard op my was en ander tye my opgebou het. Een voorbeeld hiervan is toe sy vir my n hokkiestok gekoop het omdat sy “iets spesiaals” in my raak gesien het. Ek onthou nog hoe warm my wange geword het toe ek die pink en blou gryphon hokkiestok vir die eerste keer vas gehou het. Ek het besluit dat ek vir die res van my hokkie loopbaan, ander mense ook daardie gloeiende gevoel wil gee. Om kaptein te wees is vir my meer as net n leierskpasposisie. Dit is vir my n geleentheid om meisies op en vanaf die veld te leer ken, hul sterk punte uit te soek en hul op te bou daardeur. Hierdie posisie het vir my die kans gegee om die meisies in my span ook te laat voel soos my 8-jarige self het. As kaptein het ek dit nog altyd hoog geag dat ons met n vereenigde visie speel. Dit beteken dat elke meisie hulle rol en doel op die veld en in die span moet eien. Dit is my doel en my eer om my span elke dag te kan opbou, motiveer en te vier!  

 Het jul skool `n groot hokkiekultuur en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou? Ons span besef hoe belangrik ons uitslae is. Dit gaan nie net oor syfers op ’n bord nie, maar oor ’n nalatenskap wat van span tot span oorgedra word. Ons dra die verantwoordelikheid om ons skool se hokkie waardig te verteenwoordig, en ons streef daarna om ’n hoë standaard te handhaaf — nie net vir onsself nie, maar vir die spelers wat ná ons kom.  

Wat wil julle as `n span in 2025 bereik? My droom vir Interskole is dat ons alles gee en as wenners van die veld afstap — maar nog belangriker, dat ons dit sáám doen. Ek hoop dat ons nie net wen nie, maar ook met 14 nuwe vriendinne huis toe gaan, want aan die einde van die dag is dit alles nie net oor die punte op die telbord nie, maar oor die bande wat ons bou en die herinneringe wat ons saam maak. 

Watter wedstryd en/of toernooi is vir jul die spesiaalste en hoekom? Die Belgotex-toernooi aan die begin van die jaar was ’n waardevolle geleentheid waar ons mekaar se sterk- en swakpunte leer ken het. Dit was ook tydens dié toernooi dat ’n nuwe speler by ons span aangesluit het, wat ons uitgedaag het om buigsaam en aanpasbaar te wees. Die wedstryde was lank en uitdagend, en hoewel dit gepaard gegaan het met intense emosies, het dit ons as span net nader aan mekaar gebring. Ons het nie net saam op die veld gegroei nie, maar ook kosbare herinneringe saam geskep wat ons altyd sal onthou. 

 Is daar ‘n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed? Hazel Marais was sedert graad 4 al my grootste rolmodel, en dit was ’n voorreg om haar verlede jaar as my kaptein te hê. Haar toewyding, uithouvermoë en dissipline het ’n diep indruk op my gemaak — eienskappe wat sy onbewustelik in my help vorm het. Hazel laat nie toe dat iemand vir haar sê sy kan iets nie doen nie. As sy eers besluit het sy wil iets bemeester, kan jy maar weet — dit sal nie lank neem voordat sy daardie skill of trick perfek uitvoer nie. Sy het my geleer dat die enigste ding wat jou rêrig keer, jyself is.

Heymish Zeister het my gewys wat ware toewyding beteken, en hoe harde werk altyd vrugte afwerp. Die ontwikkeling in sy hokkiespel van laerskool tot nou is eenvoudig merkwaardig. Hierdie jaar het hy my ook geleer dat jy nie baie woorde nodig het om ’n span te lei nie — ’n rustige teenwoordigheid en selfversekerde stem is soms al wat nodig is.

Hazel en Heymish het nie net my spel en leierskap beïnvloed nie, maar ook my liefde vir hokkie verdiep. Hulle het my wys gemaak op die krag van volharding, geloof in jouself, en die impak van ware spanwerk. 

Amalie du Plessis

Ons het ook met die afrigter van dié span, (Jeanri Mariano ) gesels:

Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Samewerking van alle spelers ten alle tye op die veld. Sodat ons die taak (wen) effektief kan verrig. 

Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? (physically and mentally) Voorbereiding deur loop van Interskole week bly dieselfde as voorbereiding vir enige ander wedstryd.
Consistency is key. 

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?  Ons hou nooit op nie! 

Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe al gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk?  My skool afrigter. Sy het my geleer dat daar altyd meer in myself steek aswat ek dink.  

Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan/veld hardloop? As jy jou beste gee en jou alles op die veld los, maak die telbord nie saak nie.  

 

TagsHS Swartland vs Hugenote 2025
Previous Article

[Onderhoud] Hugenote Hoërskool Netbal Eerstespankaptein- Janay Bezuidenhoudt  

Next Article

First of its kind Youth Academy ...

Share:

Related articles More from author

  • Hoërskool SwartlandRegional NewsSwartland and West CoastWestern Cape

    [Onderhoud] Hoërskool Swartland Seunshokkie Eerstespankaptein – Juriaan Screuder 

    13th August 2025
    By Karien Frans
  • Hoërskool SwartlandRegional NewsSwartland and West CoastWestern Cape

    [Onderhoud] Hoërskool Swartland Dogtershokkie Eerstespankaptein – Danielle Schwartz 

    13th August 2025
    By Karien Frans
  • BolandHugenote HoërskoolRegional NewsWestern Cape

    [Onderhoud] Hugenote Hoërskool Netbal Eerstespankaptein- Janay Bezuidenhoudt  

    13th August 2025
    By Karien Frans
  • Hoërskool SwartlandRegional NewsSwartland and West CoastWestern Cape

    [Onderhoud] Hoërskool Swartland Rugby Eerstespankaptein – Martin Neethling 

    13th August 2025
    By Karien Frans
  • Hoërskool SwartlandRegional NewsSwartland and West CoastWestern Cape

    [Onderhoud] Hoërskool Swartland Netbal Eerstespankaptein – Christina van der Merwe 

    13th August 2025
    By Karien Frans
  • BolandHugenote HoërskoolRegional NewsWestern Cape

    [Onderhoud] Hugenote Hoërskool Rugby Eerstespankaptein Luke Daniels 

    13th August 2025
    By Karien Frans

  • Edgemead High SchoolRegional NewsTable Bay and MelkbosWestern Cape

    Table Tennis results for Edgemead High School

  • Durban and Durban NorthGlenashley Preparatory SchoolKwazulu-NatalRegional News

    Glenashley Preparatory School squash players shine once again

  • Kwazulu-NatalNewcastle High SchoolNorthern NatalRegional News

    Newcastle High School learners excel in hockey

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us