Laerskool Staats geniet hul onnie aand
ADVERTISEMENT
Op 26 Februarie 2024, het Laerskool Staats se personeel die ingang na McDonald’s rooi geverf soos hulle elke Staatsie en ouer met liefde in McDonald’s in verwelkom het. Ons het soveel pret gehad en die gees het hoog geloop toe die personeel en pom-poms hulle in Kimberley se harte in gedans het. Ons is so bevoorreg om ‘n ondersteunende gemeenskap te hê wat ons toelaat om deel te neem aan prettige aktiwiteite soos die McDonald’s Onnie Aand. Baie dankie aan elke ouer, leerder en ondersteuner wat ‘n draai kom maak het. Ons waardeer julle opreg!















