Hoërskool Durbanville Graad 9’s Huis Jabes maak ‘n verskil
ADVERTISEMENT
Die Gr. 9 van Hoërskool Durbanville Huis Jabes doen ‘n Liefdadigheidsprojek. Huis Jabes is ‘n veiligheidshuis vir vroue wat in nood verkeer.
Die gr. 9’s het items ingesamel en vir die vroue van Huis Jabes ‘n “high tea” aangebied. Elke dame het ‘n geskenkboksie met bederfies ontvang. Die kinders is ook met geskenke bederf. Dit was ‘n heerlike oggend van saam kuier. Ons is dankbaar vir die gr.9-klasse wat almal ‘n bydrae gelewer het. Mag ons onthou om altyd met sagte oë na ander te kyk.










