Laerskool Rustenburg tennisspeler slaan vir sukses
ADVERTISEMENT
Pieter Roux leerder van Laerskool Rustenburg in Graad 4 het die naweek van 27 Februarie tot 1 Maart aan die Synergy Cup interprovinsiale toernooi in Bloemfontein deelgeneem.
Die toernooi is gespeel tussen Noordwes, Oos-Kaap en Vrystaat, en Pieter het met groot trots Noordwes in die o.11-span verteenwoordig. Wat ’n besondere geleentheid om jou provinsie te verteenwoordig!










