Laerskool Roodekrans netbalspanne kwalifiseer vir die Gauteng Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Laerskool Roodekrans se o.12A-netbalspan het deelgeneem aan die JOMO Kampioenskappe. Dit was ‘n wonderlike naweek met goeie sportmanskap en tawwe wedstryde. Hulle het 6/7 wedstryde gewen en tweede op die dag geëindig. Hulle kwalifiseer dus vir die Gauteng Kampioenskappe.
Dit is met groot trots dat ons twee spanne het wat dié naweek aan die Gauteng Kampioenskappe gaan deelneem. Ons o.13A-span het 2de in die liga geëindig en het direk gekwalifiseer vir die Gauteng Kampioenskappe.
Baie geluk aan die o.12 en o.13A-spanne. Dis ‘n fees om ‘n Roodie te wees!











