Laerskool Paarl Gimnasium was gasheer vir die Interskole Redenaarskompetisie
ADVERTISEMENT
Die jaarlikse Interskole Redenaarskompetisie het op 15 April by die Laerskool Paarl Gimnasium plaasgevind, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en –monument en die Afrikaanse Onderwysnetwerk. Gesonde sportgees by skole is die onderwerp wat vanjaar beredeneer is en Cine Schoonraad van die Laerskool Stellenbosch het met die louere weggestap. MG Jooste van Paarl Primêre Seunskool was tweede terwyl Luc Killian (Laerskool Stellenbosch) en Luyah Hansen (Hoër Meisieskool Paarl) gesamentlik derde geëindig het. Daar het altesaam 10 redenaars van 5 skole van die Kaapse Wynlande deelgeneem. Slegs onvoorbereide toesprake is gelewer en beoordeel. Baie geluk aan almal! Ons sien uit na die volgende kompetisies.
![]()










