Primêre Skool Naudeville het vanjaar twee tweelingpare in Graad 1 te verwelkom
ADVERTISEMENT
Primêre Skool Naudeville is besonders trots om vanjaar twee tweelingpare in Graad 1 te verwelkom.Dit is vir ons ’n groot vreugde om Duke Jacobs en Hunter Jacobs, asook Kole Beket en Kian Beket, deel van ons Graad 1-familie te hê. Hierdie vier leerders bring dubbele energie, dubbel opgewondenheid en sommer ekstra spesiale vreugde na ons skool. Ons sien uit na ’n wonderlike jaar saam met hulle!










