Hoërskool Duineveld se tennis begin die jaar op ‘n hoë noot
ADVERTISEMENT
Hoërskool Duineveld se tennis begin die jaar op KOOKPUNT! In die uitmergelende hitte van Upington, neem ons tennis deel aan die 4-Hoek Interskole Tennis (Duineveld, Uppies, Hopetown en Dirkie Uys).
Uitslae is as volg:
Die Vrydag:
- Velties teen Hoërskool Hopetown en wen 37-17
- Velties teen Uppies en wen 58-6
Saterdag:
- Velties teen Dirkie Uys en wen 39-21.
Na die rondomtalie stap Duineveld weg as die algehele wenners van hierdie toernooi. Baie geluk aan elke speler wat sy heel beste gegee het hierdie toernooi. Julle het harte van staal en Veltie-guts. Sterkte vir die jaar wat voorlê.










