Laerskool Van Riebeeckstrand Graad 7-Monitors gekies
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Van Riebeeckstrand se Graad 7-Monitors! Elke kwartaal word vier Graad 7-leerders gekies om as monitors vir die kwartaal te dien en tree hulle op as volwaardige prefekte. Hierdie rol bied ’n waardevolle geleentheid vir leierskapontwikkeling en diens.
Hierdie leerders word gekies op grond van hul pligsgetrouheid, hulpvaardigheid, verantwoordelikheid en die wyse waarop hulle ons kernwaardes uitleef. Baie geluk aan:
- Arthur Vos
- Jordan Moore
- Isabella van Rheede van Oudtshoorn
- Alexis Arendse










