Laerskool Vredekloof spog met ‘n nuwe leierskap-program
ADVERTISEMENT
Die Laerskool Vredekloof het hierdie kwartaal met ‘n nuwe leierskap program begin- Die Klofie monitors. Die leierskap-program bestaan uit Graad 7-leerders wat as voorsitters en ondervoorsittters optree vir verkeie portefeuljes, om die Graad 6-leerders wat monitors is, te lei en te ondersteun om hulle rolle in die onderskeie portefeuljes na te kom.
Daar is verskeie portefeuljes naamlik: Omgewing en Orde, Vriendelikheid in Aksie, STEAMAC, Sport, Kultuur, Pouse/Reëndag, Snoepie, Visueel en Oudio, asook Leerder- en Onderwyserondersteuningsmateriaal. Die leierskapprogram help leerders om vaardighede soos die lei van ‘n vergadering en die hou van minute vir vergaderings aan te leer wat hulle eendag in die werksomgewing kan gebruik. “Deur verantwoordelikheid, spanwerk en diens ontwikkel hierdie leerders vaardighede wat veel verder as die klaskamer strek.










