Laerskool Nylstroom hengelaars presteer
ADVERTISEMENT
Laerskool Nylsroom hengelaars het deelgeneem aan hulle eerste hengel liga vir 2026, wat by die Nyl Biodiversiteitsdam plaasgevind het. Die spanne het hulself goed van hul taak gekwyt en ons is trots op elkeen.
Ons spanne is as volg:
Koedoes (seuns):
- Juan de Jager
- Ehan Timmerman
- Gian Kriel
- Frederik Marx
Nyalas 1 (dogters):
- Sioné Lourens
- Karien Janse van Rensburg
Nyalas 2 (dogters):
- Layla Jacobs
- Kara Jansen van Rensburg
Koedoetjies O/10:
- Arlu Jacobs
- Reneen Diedericks
- Pieter Barnard
- Ruvan Jansen van Rensburg
Die uitslae was as volg:
Individuele prestasies:
- Sioné Lourens: algehele 2de plek
Span prestasies:
- Nyalas 2: 3de plek
- Nyalas 1 : 4de plek
- Koedoes: 12de plek
Ons jongste deelnemer vir die dag, Reneen Diedericks, het 28 visse gevang met ’n totale gewig van 58 kg. Wat ’n mooi prestasie vir ’n mannetjie wat slegs 7 jaar oud is! Sterkte aan al ons Nylie-hengelaars vir die jaar wat voorlê. Ons sien saam met julle uit na ’n suksesvolle hengeljaar!













