Hoërskool Waterkloof hengel se interhuis gaan van krag tot krag
ADVERTISEMENT
Op Sondag 26 Februarie het Hoërskool Waterkloof se hengelaars vir hulle jaarlikse hengel-interhuis by Trichardtfontein dam bymekaar gekom. Om dit nog meer interessant te maak is Hoërskool Zwartkop se hengelaars ook genooi en het daar ‘n totaal van 70 hengelaars deelgeneem. Die dag was ‘n groot sukses en ons sien uit om ons hengelaars in aksie by die komende Gauteng-Noord skole-hengeltoernooi te sien. Na afloop van die interhuis kon Klofies met die volgende pyse wegstap:
• Grootste karp – Christo Bester
• Grootste baber – Hanru Hills




















