Hoërskool Eldoraigne-ster skitter in Alpha Wiskunde
ADVERTISEMENT
Elnettte van den Berg hou Hoerskool Eldoraigne se naam hoog met haar gesamentlike 2de plek vir Alpha Wiskunde in die land. Sy behaal ‘n uitstekende prestasie van 98% in die finale Graad 12 eksamen.
Elnette is `n baie veelsydige leerling. Alles waaraan sy deelneem, pak sy met entoesiasme aan. Elnette was voorsitter van akademie op die leierraad en sy het deelgeneem aan atletiek, netbal, swem, Wiskunde- en die Afrikaanse Olimpiade. Sy behaal ook ‘n sesde plek in die land met SA Taalbond se Senior Tweetaligheidseksamen.
Elnettte van den Berg










