Laerskool Nelspruit Rugby sluit hul seisoen op hoogtepunt af
ADVERTISEMENT
Laerskool Nelspruit Rugby sluit hul seisoen op hoogtepunt af. Hoërskool Ligbron het die afgelope naweek gasheer gespeel vir die finale rondte uitspeelwedstryde om te bepaal wie die beste laerskole rugbyspanne in Mpumalanga vir hul onderskeie ouderdomsgroepe is. (o.9, o.10, o.11, o.13 – Kleinskole, Mediumskole en Grootskole).
Laerskool Nelspruit kon ongelukkig nie soos verlede jaar skoonskip gemaak het in al vier Grootskole ouderdomsgroepe nie, maar het steeds met ‘n ongelooflike goeie seisoen afgesluit. Die Nellies het wel in drie van die vier ouderdomsgroepe koning gekraai as Mpumalanga Grootskole Rugbykampioene vir 2024. Die Nellie Leeus het uitstekende harde rugby gespeel en het vir die tweede jaar die Puma uitspele vir Grootskole oorheers. In die Onder 9 halfeindrondte wen die o.9A Nellie Welpies Rugbyspan, 14 – 0 teen Laerskool JJ vd Merwe van Ermelo. In die 0nder 10 halfeindrondte wen die o.10A Nellie Leeutjies Rugbyspan, 10-5 teen vir Laerskool JJ vd Merwe. In die Onder 11 halfeindrondte wen die o.11A Jong Leeus, 19-3 teen Laerskool JJ vd Merwe. Die Volvo Nellie Leeus Eerste Rugbyspan verloor ongelukkig in die halfeindrondte met 17-20 teen Laerskool Goedehoop.
In die Puma Grootskole finale wen die Nellie Welpies hul wedstryd teen Laerskool Middelburg in die laaste sekondes met 12 -10 en word gekroon as Pumas o.9A Grootskole kampioene vir 2024. Die Nellie Leeus o.10A wen teen Laerskool Goedehoop 15-0 en is Pumas o.10A Grootskole kampioene vir 2024. Die Nellie Leeus o.11A span speel uitstekende rugby en wen teen Laerskool Goedehoop 28-0 en is Pumas 0.11A Grootskole kampioene vir 2024.
Die Nellie Volvo Leeus Eerste Rugbyspan speel uit vir derde plek en wen teen Laerskool Kruinpark 31-19 en is wenners van die bronsmedalje vir 2024. Die Nellie Leeus speel 8 wedstryde tydens die Puma uitspele en wen 7 uit 8 wedstryd, ‘n Pragtige prestasie. Baie geluk aan elke seun wat deelgeneem het aan die Puma uitspele. Die Nellie seuns het hul harte uitgespeel en uitstekend gedoen.‘n Besondere woord van dankie aan ons Nellie ouers, ondersteuners en aan al ons borge wat bankvas agter elke Nellie Leeu Rugbyspeler en ons Nellie spanne gestaan het. Die ondersteuning by elke wedstryd het baie vir ons Nellie Leeus seuns beteken en het vir ons rugby die ekstra “BRUL” gegee tydens die wedstryde. Ons uitstekende prestasie op die rugbyveld sou nie mootlik gewees het sonder die krag wat ons Hemelse Vader nie. Alle eer aan ons Skepper. Nellie Leeus A Rugbyspanne het as volg presteer in die 2024 Rugbyseisoen:
- o.9A speel 17 wedstryde en wen 17 wedstryde – wenpersentasie van 100%
- o.10A speel 17 wedstryde en wen 14 met 2 gelykop – wenpersentasie van 87%
- o.11A speel 18 wedstryde en wen 18 wedstryde – wenpersentasie van 100%
Nellie Leeus Eerste Rugbyspan speel 24 wedstryde wen 19 en 3 gelykop – wenpersentasie van 79%.
Punte vir die A spanne 2134 en punte teen 399 met ‘n punte verskil van 1735. In totaal het die Nellie Leeus A spanne 76 wedstryde gespeel wen 68 en 5 gelykop met ‘n wenpersentasie 89% vir die 2024 rugbyseisoen. Saam met die Nellie Leeus B spanne met ‘n wenpersentasie van 86% het die Nellie Leeus Spanne ‘n wenpersentasie van 88%!!! Baie geluk aan elke Nellie Leeu Rugbyafrigter met ‘n uitstekende 2024 rugbyseisoen. Dankie menere aan die moeite, die ure wat julle spandeer het tydens wedstryde, toere en die uitspele. Laerskool Nelspruit is met reg trots op ons WENSPAN AFRIGTERS Nellie Leeus Afrigters. JOB WELL-DONE. Laerskool Nelspruit het ‘n besonderse groep rugbyafrigters!! Ons het hulle “GESHOCK”

0.9A Rugbyspan – Mpumalanga Grootskole wenners 2024. Links na Regs: Agter : Jaco Breyl en Jaco Dos Santos (Afrigters) 3de Ry : Barend Kotze, Phillip Combrinck , Carlo Dippenaar , Ian Engelbrech, SJ Neuhoff (K), Joshua Steyn, JC Taljaard, Wynand Swanepoel (OK), Savian jv Rensburg. 2de Ry : Snyman jv Rensburg, Luca Coleman, Christiaan Nolte , Zandre Stevens , Marcel Ludike, Devon Viljoen, Gerhard Boha, Neil Gouws Voor : Layton Musica en Stian Pretorius

0.10A Rugbyspan – Mpumalanga Grootskole wenners 2024 Agter: Liam Van Rensburg, JG van Niekerk, Josua Hofmeyr, LJ Hauptfleisch, Simon Reynders, Ruben Reynders, Wihan du Plooy, Christo Jurgens, Francois Kok, Stefan Augustyn, Daniël Cronje Middel: Rossouw du Toit, Alex de Kock, Janco Cronje, Roux van der Walt, Malan Venter, Gustav van Huyssteen, Johwan Viljoen, Matthew Renaud, Regardt Roos Voor: Keagan du Preez (c), Janco Le Roux (vc)

Onder 11A-rugbyspan – Mpumalanga Grootskole wenners 2024 Agter van links na regs: Jeandré Smith; Christiaan de Kock; mnr André Drummond (afrigter); George Neuhoff (onder-kaptein); Richter Meyer (kaptein); mnr Fourie du Plessis (afrigter); Du Toit Kotze; Burger Boshoff. Middel: Renier Olivier; Andeon Visagie; Daniel dos Santos; Reuben Alexander; Wiam du Plessis; Ben Steyn; Riwan van der Merwe; Jurgen Faber. Voor:Ruben Luus; Luandré Liebenberg; Wian du Toit; Luan Badenhorst; Noah dos Santos; Connor Harrison; Daine Viljoen; Durandt de Wet

Volvo Eerste 0.13A Rugbyspan – 3de Mpumalanga Grootskole Voorste ry: Kyle van Rooyen, Hylgard Lourens, Ruben du Toit, Charlie Kraftt, Kian van Rooyen, Tiano Laufs, Dandre Louw, Heinke Coleman, Caiden Heunis en Eric Vos Agterste ry: Mnr Alex Jonker, James Freeman, Malan de Klerk, Milan Bekker, Nicholas Houy, Bernard Calitz, Janco Wendelstadt, Liam Classen, Oom Alwyn Viljoen, Alrich Hyman, Ihvan Pretorius, Mnr Adé Adendorff, Rigardt Barnard, Schalk Venter, Roelf Winterbach en Morne van Wyk.









