Laerskool Magalieskruin Top presteerders
ADVERTISEMENT
Laerskool Magalieskruin Top presteerders: Hoof se toekenning – Gallie van die Jaar: Lindie Lubbe en Erich Pieterse. Die Gallie van die Jaar word gekenmerk deur betrokkenheid, meelewing en welwillendheid. Die leerder met ‘n positiewe gesindheid wat deur entoesiasme die vermoë besit om maats te inspireer deur sy/haar voorbeeld. Die Gallie word gekenmerk as ‘n leerder wat dwarsdeur die jaar die 4 Waardes van die skool voluit uitleef.
Lindie Lubbe & Erich Pieterse
Dux-leerder: (95,63%) Mia Coetzee
Die graad 7-leerder wat die hoogste gemiddeld behaal het, bereken op die totaal van Kwartaal 1,2 en 3, ontvang die trofee.
Mia Coetzee
Dr. Carolien van Heerden – Top Akademiese Presteerder gr.4 – 7: (92.24%) Mia Coetzee
Die leerder in graad 7 wat die hoogste gemiddeld vanaf graad 4 tot en met graad 7, kwartaal 3 behaal. Die leerder moet ‘n Top 10 kandidaat wees vanaf graad 4.
Mia Coetzee tydens oorhandiging
Trofee vir Veelsydigheid: Marné Cronjé
- Ontvang haar Akademiese balkie en Platinum-sertifikaat.
- Ontvang haar Kwartaalikse Diensbaarheidsknopie en kwalifiseer vir die Leierskapsertifikaat.
- Neem deel aan Afrikaanse Redenaars en ontvang die Gr. 7 redenaars trofee
Sy neem verder deel aan:
- Revue
- Kunswedstryd
- Atletiek
- Netbal en
- Landloop
Marné Cronje










