Laerskool Kathu tennisspelers presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Die Building Bridges provinsiale toernooi het vanaf 18 tot 19 Julie 2026 in Klerksdorp plaasgevind, waar Noord-Kaap teen Noord-Wes meegeding het.
o.11:
- Ané Peens
- Estiaan Wall
- Wihan Pretorius
- Ané en haar maat het ’n derde plek in die Platinum Dogters Dubbels-afdeling verower.
- Estiaan en sy maat het ’n tweede plek in die Platinum Seuns Dubbels-afdeling verower.
- Wihan en sy maat het ’n vierde plek in die Platinum Seuns Dubbels-afdeling verower.
o.12
- Annebelle Von Czapiewski
- Annebelle en haar maat het ’n derde plek in die Platinum Dogters Dubbels-afdeling verower.
Die Noord-Kaap O. 12-span het Noord-Wes met 59-37 verslaan.
Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders. Julle het ons provinsie met trots verteenwoordig en Laerskool Kathu se naam hoog gehou. Ons is ongelooflik trots op julle prestasies!














